Herinneringe en stories van 'n bleddie Hollander oor haar jeug in Suid Afrika.
(ekskuus vir my slegte Afrikaans, dis jare dat ek dit laas gepraat of geskryf het)

Monday, January 14, 2008

Sprinkane

Ek was nooit bang vir sprinkane nie. Dis maar goed ook, want daar was baie van hulle in die Kaap. My arme ma was wel bang... sy het nooit self gedurf om my broeksakke leeg te maak nie.

Ek was mal oor sprinkane. Hoe groter, hoe beter. Mens moes hulle vashou aan hulle gespierde agterpote sodat hulle nie kon skop nie, en dan kon mens hulle goed bekyk. En kan nog warm somerdae onthou waar ek op my maag in die tuin lê en kyk hoe lê 'n sprinkaan haar eiers. Eerst 'n gat gemaak in die grond met haar agterlyf. Dan kom die klein ovaalvormige eiertjies uit, één vir een. Ploep, ploep... Op skool het ons hulle in biologie behandel en moes ons hulle teken. Ek was baie goed hierin, ek het byna elke dag in die somer sprinkane gevang. Groot rooi sprinkane, groot en klein groen sprinkane, groot grys-bruin sprinkane. Nomadacris septemfasciata was die mees bekende soort. Hulle was vir my tog te mooi. Wanneer daar 'n plaag was, dan het ons kinders byna elke dag 'n paar potte sprinkane by die skool ingelewer. Ons biologie onderwyser het 'n wattebolletjie met chloroform in die pot gegooi, dan het hulle sag doodgegaan. Ek wou hulle nie dood hê nie, maar daar was nie 'n keus nie, hulle sou alles eet wat hulle kon kry as ons niks doen nie. Dus ook ons eie kos. Kinders het hierdie realiteit baie goed verstaan.

Sommige jare was daar so baie sprinkane, dan het hulle gaan swerm. Ek kan nog onthou hoe ons ry 'n keer in 'n wolk van sprinkane, die ruitewissers wat vinnig heen en weer beweeg om die verpletterde sprinkane van die raam te vee en die geluid van die wiele soos hulle die sprinkane stukkend ry. Ek het heelpad gegril, ons almal het.

No comments: