Die lagoon by Milnerton was een van die plekke waar ek leer verstaan het hoe die see en soet water mekaar ontmoet.
Ons het baie soontoe gegaan, my pa en ek, toe ek nog klein was. Ek onthou, daar was maar baie min huise daar en daar was 'n brug waar 'n mens oor kon ry. 'n Hout brug, en hier het my pa en ek altyd gaan visvang.
bron
Nie dat ons ooit baie vis gevang het nie... ek dink die grootste vangs wat my pa daar gemaak het, was 'n vrot ou skoen!
Dit was altyd stil daar, behalwe vir die water wat altyd in beweging was en die voƫls en natuurlik ek wat nie kon stilbly nie en heeltyd met my bene heen en weer geswaai het soos ek langs my pa sit aan die kant van die brug. My arme pa, ek dink nie dat ek ooit opgehou het met praat nie. Geen wonder dat hy nooit visse gevang het nie, ek het hulle almal weggejaag!
Sommige dae het ons meer seekant toe gegaan, dan was daar 'n dun blou komma soos die rivier en die see mekaar ontmoet.
Hierdie foto wat ek online gevind het, is presies soos ek die plek onthou (maar met minder mense):
Ander dae het ons verder gery naar Bloubergstrand se rigting en as my pa lus was, het hy die afslag geneem na vriende van ons se plaas. Dan was ek sommer heeltemal gelukkig! Daardie plaas, daar het ek die mees wonderlike en angstige tye deurgebring!
Ek het verstaan dat die hele wereld daar nou volgebou is.
Snaaks, ek onthou die plek as nogal agtergestel, en met min mense wat daar gewoon het. 'n Stil gebied sonder pretensies, waar die klein skole met vissies woerts in die water geswem het waar jy maar kyk. En waar die wind koning was.
Herinneringe en stories van 'n bleddie Hollander oor haar jeug in Suid Afrika.
(ekskuus vir my slegte Afrikaans, dis jare dat ek dit laas gepraat of geskryf het)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment