Een somer vakansie.
Familie, tent, kampeer, reën. Baie reën.
Toe kom die son. Genadeloos. Alles droog voor jou oë op, hoe is dit moontlik? Stof dwarrel weer rond terwyl die water nog die grond ingeslurp word.
Later in die dag: ons loop 'n stuk die veld in. Niks karre nie, niks vliegtuie nie, niks mense nie.
Net ons en die sonbesies.
Snaaks, so aanwesig as wat die sonbesies was, het ons nie één gesien nie.
Eers nog, praat ons onder mekaar. Langsaam aan word ons stil en loop ons elkeen omhul met 'n ondeurdringbare kombers van snerpende sonbesie mannetjies tot hemel en aarde saamsmelt in één muur van geluid.
Verstand staan stil. Ons stop met loop, gaan sit op 'n stoffige heuweltjie.
En sit. So alleen in die veld met daardie geluid wat 'n mens totaal isoleer van die wêreld. Die geluid druk op jou kop asof dit vorm het. Die grond is warm, bloedwarm en daar is stof in die lug.
Na 'n uur of twee loop ons terug na die tent toe.
Stil, asof ons gestroop is tot ons basis en gebad in 'n suiverende lig.
Goed geslaap, daardie nag. Volgende dag het ons vroeg opgepak en verder gery.
Die plek agtergelaat asof dit niks was.
Maar byna 40 jaar later dink ek nog steeds aan daardie verlate plek. En dan hoor ek nog steeds daardie geluid in my kop.
Herinneringe en stories van 'n bleddie Hollander oor haar jeug in Suid Afrika.
(ekskuus vir my slegte Afrikaans, dis jare dat ek dit laas gepraat of geskryf het)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment