en ek onthou...

Herinneringe en stories van 'n bleddie Hollander oor haar jeug in Suid Afrika.
(ekskuus vir my slegte Afrikaans, dis jare dat ek dit laas gepraat of geskryf het)

Saturday, August 23, 2008

Ek wonder....

...hoeveel mense probeer nog steeds jare later uit die verkeer-sirkel onderaan Adderley Straat te kom?!?!

Ek het dit gehaat met 'n passie. Selfmoord-aksie, stort jouself in die verkeer met gillende bande, met doodsveragting verander van laan en ontsnap uit die draaikolk, binne sentimeters van totale vernietiging.



Maar, as die fontein water gespeel het en die son skyn, wou ek nog 'n paar maal rond ry.

Vir my was die mooiste ding aan Adderley Straat, die tuine aan die bokant.
Mens kon 'n sakkie peanuts koop vir die parmantige eekhorinkies en loop van begin tot eind, en in die middel 'n koppie tee met scones geniet op 'n mooi Sondag middag. In die lente was daar altyd 'n paar jong verliefde mense wat lê en kafoefel het op die gras. Sommige mense noem dit piekniek. En wat van die museum waar ek so graag gaan kyk het na die dioramas - waar my klein sussie op een hiperaktiewe dag hardloop rond 'n hoek en gekonfronteer word met 'n bloedig-tandige dinosouriër T Rex!! Sy het gegil, die dag, soos 'n maer vark. Siestog. Dit is nou dertig jaar later en nog steeds kan sy dit vertel asof dit gister was.

Ek het 'n tyd lang 'n huis gedeel met vriende, in Oranjezicht (waar daardie einste jongste sussie by my kom kuier het en toe het ek vir haar na 'n naby geleë hotel gevat waar ons gaan luister het vir David Kramer - dis nog in die tyd dat hy musiek gemaak het, voordat hy 'n "good old boy" geword het). Wanneer dit mooi weer was het ek na my werk geloop onder aan Adderley Straat. Af langs Oranje Straat, deur die tuine in die vroeë oggend. Diep ingeasem en die groen om my heen gevou soos 'n kombers. Stap na stap, stop vir 'n voëltjie wat nie bang is nie, verder op 'n eekhorinkie was bewegingloos na my kyk en altyd, altyd uit die hoek van my oog 'n bergie wat grawe tussen die afval wat argeloos weggegooi is uit oorvloed. Die geure en geluide van die Kaap, elke oggend my metgesel.

Die pêrel aan die bokant van Adderley Straat, die VOC se tuine (Company Gardens).

Wednesday, July 23, 2008

Kwazulu, Natal

Een somer vakansie.
Familie, tent, kampeer, reën. Baie reën.
Toe kom die son. Genadeloos. Alles droog voor jou oë op, hoe is dit moontlik? Stof dwarrel weer rond terwyl die water nog die grond ingeslurp word.

Later in die dag: ons loop 'n stuk die veld in. Niks karre nie, niks vliegtuie nie, niks mense nie.
Net ons en die sonbesies.
Snaaks, so aanwesig as wat die sonbesies was, het ons nie één gesien nie.

Eers nog, praat ons onder mekaar. Langsaam aan word ons stil en loop ons elkeen omhul met 'n ondeurdringbare kombers van snerpende sonbesie mannetjies tot hemel en aarde saamsmelt in één muur van geluid.
Verstand staan stil. Ons stop met loop, gaan sit op 'n stoffige heuweltjie.
En sit. So alleen in die veld met daardie geluid wat 'n mens totaal isoleer van die wêreld. Die geluid druk op jou kop asof dit vorm het. Die grond is warm, bloedwarm en daar is stof in die lug.

Na 'n uur of twee loop ons terug na die tent toe.
Stil, asof ons gestroop is tot ons basis en gebad in 'n suiverende lig.
Goed geslaap, daardie nag. Volgende dag het ons vroeg opgepak en verder gery.
Die plek agtergelaat asof dit niks was.

Maar byna 40 jaar later dink ek nog steeds aan daardie verlate plek. En dan hoor ek nog steeds daardie geluid in my kop.

Sunday, July 20, 2008

District Six

My dad took me with him one day when I was very young, to District Six. He had business there or had to see someone, I don't recall why. I do remember him leaving me in the car and telling me to keep the doors locked and stay in the car, it was dangerous here.

I recall being scared all on my own for a little while and then interest took over.
Many people on the street, many chattering voices, screeches of laughter. Lots of movement, people of all ages, shapes and sizes. I did not feel scared any more, so I cranked open the window.

To this day I don't remember the details of the place as sharply as I remember the smells. The indefinable mix of rich Malay cooking and many people in a small area. I loved it, I wanted to go out exploring but my dad's warning held me in the car, leaning out through the open window and looking goggle-eyed at the world, big old Table Mountain standing solidly in the background.

One other thing aside from the smell, the sounds and busy movement of people, was the powder blue colour of a house along the street. Though the other houses were probably also all colours I only remember that one. I thought the house was pretty and had I been allowed to wander around, that's where I would have gone to.

Not too long after this, the area was forcibly emptied out, the people transplanted on a dusty plain miles away from anywhere, and the houses bulldozed. I did not understand any of this and was upset when I saw it. I seem to remember a church that was not mowed down with the rest of the houses for many years, standing deserted and lonely in an area of nothing. And then, one day, it was gone too.

It was a shameful thing. I have only these few bright memories like postcards in my mind. I wish there were more but that's all I can dredge up: the sun was shining. Colour, movement, open-mouthed head back laughter, teasing and running kids, and oh that smell that glorious smell.

Wednesday, June 04, 2008

Henry by die bus stop

Ek was 14 jaar oud. My skool was in Vryzee, en ons het gewoon in Bothasig. Dit was standerd 7 vir my. Ek het die eerste deel van daardie jaar met die bus skooltoe gegaan en weer terug huistoe.

Elke dag het ek ten minste 'n halfuur gewag op die bus wat my huistoe sou vat, daar êrens aan die onderkant van Voortrekker Road (skiet my lam as ek kan onthou presies waar die busstop was). Baie dae, het 'n seun ook gewag by dieselfde busstop vir sy bus. Sy naam was Henry en soos die tyd verstryk het, het ons mekaar leer ken. Gesels. Soms na 'n winkel gegaan om iets lekkers te koop om te eet... vrugte, of 'n sweetie pie of soiets. Een dag sê hy vir my, hy woon nie ver van die busstop nie, wil ek saam met hom huistoe loop? Ja, sê ek. Ons loop toe saam na sy huis toe, en ek dink ek het 'n bekertjie koeldrank gedrink toe ons daar aankom. Hy loop my later weer trug na die busstop toe. Vir my was dit 'n wonderlike dag, daardie dag. Ons het nie eens hande vasgehou nie maar ons het geweet, ons like mekaar!

Kort daarna het Henry my by my huis gebel om my uit te vra.
En toe was dit skielik uit met die pret. Ek is vreeslik gepes deur my susters en my pa oor Henry (die naam was nou niet vreeslik fortuinlik nie en die arme ou het 'n bietjie gehakkel oor die telefoon toe hy na my vra).
My pa was van die stempel: hy het vier dogters gehad en in 'n totale paniek oor wat om te doen met al die hormone, het hy sommer altyd NEE gesê as ons wou uitgaan met 'n seun, of met 'n groepie jong mense (julle wil nie weet hoe ons losgebreek het toe ons eindelik uit die huis uit is nie...)

Lang storie kort, my pa het my 'n fiets gekoop byna onmiddelik nadat Henry my gebel het om uit te vra, en het my elke dag skooltoe gery met die kar tot ek die pad goed met die fiets kon ry. Ons het kort daarna getrek na Monte Vista toe, en dit was dus Exit Henry. Ek dink nie dat ek Henry nog ooit gesien het nie, nadat hy my uit gevra het nie.

Ek het nogal baie van Henry gehou - hy was 'n ernstige seun en het goed by my gepas. Nie dat ek enige invloed kon hê op hoe dinge toe verloop het nie, maar ek was altyd jammer dat ek nooit beter vriende met Henry geword het nie, en dat ek nie met hom kon uitgaan nie. Ek dink ons twee was op die punt om klutsknië verlief op mekaar te word, soos alleen kinders van veertien kan wees.

Montagu

Ons familie het nie baie op vakansie gegaan nie. In daardie dae was dit heel gewoon om die somervakansie by die huis te bly - ons kinders speel die hele dag buite en die volwassenes sug en vra wanneer die skole tog weer sal begin.

Nou en dan, het ons almal in die kar geklim en dan het ons gery. My ma met 'n doos vol padkos, ons al bakleierig op die agterbank, langs Paarl, oor die Sir Lowry's Pas, langs Worcester, Robertson, op pad Montagu toe. Vriende van my ma en pa het 'n klein plasie gehad daar, en soms kon ons daar gaan bly vir 'n week of so.

Dit was vir my altyd die wonderlikste avontuur. Die stug, droë warm klimaat van Montagu was vir my tog te lekker. En, wanneer die grootmense sat was van braai en rondhang op die plaas, het ons almal afgesak na Lover's Walk langs die Keisie rivier by Cogmanskloof en die warmwater bronne. Ek onthou die kloof nog so goed, nog van voor die oorstroming van 1981 toe alles vernietig is. Die Acacia bome met hulle goudgeel blomme (en die bliksemse dorings!), die dassies, die warm drukkende lug sonder 'n vleugie wind. As my pa in 'n goeie bui was, het hy ons geneem na die warmwaterbronne. Ek het nog erens ou foto's (ek gaan hulle soek!) van my en my susters soos ons spring in die water... dit was tog te lekker om in sulke warm water te swem! Dit was 'n rou, byna bouvallige plek toe ons daar gekuier het. Nie meer nie, dit is nou heeltemal fancy daar!


View Larger Map


Verder onthou ek my nog goed Qui Ki Sana. Dit was 'n soort spookplaas. Die huis was 'n bouval. Daar was nog reste oor van wat vroër 'n pragtige tuin was. 'n Verdwaalde pou het nog daar rondgeloop en kon soms skielik skree uit 'n onverwagte hoek. Ek onthou nog 'n ou pomphuis en die oorblyfsels van 'n swembad (droog, natuurlik!). Ons kinders het baie gespeel in daardie ou bouval en stories opgemaak van dramatiese liefdes, dood, verderf en verlore siele... alleen waarheid in ons verbeelding, want hoewel daar baie stories in omloop was van die geskiedenis, was daar waarskynlik niks van waar nie! Dit was vir my die beste tyd, om in die vroë stil oggend of laat aand skemeruur alleen hier rond te loop in die huis en te dink, "miskien het haar voete ook hierdie pad geloop", "miskien het sy hier gesit en gekyk hoe die son opkom...", miskien miskien, die geheimsinnige, tragiese vrou van my verbeelding. Ag, wat kan ek sê, ek was 'n vreeslike dramatiese tiener!

Wat skets my verbasing, toe ek die plek gaan Google. Dit is nou 'n luukse vakansie lodge!
(tog voel die plek nog steeds soos myne!)


View Larger Map

Friday, April 11, 2008

Riaan.

Ek dink sy naam was Riaan.
Maar ek kan verkeerd wees, dit was baie lang gelede.

In Sub A en Sub B, Ysterplaat Laerskool, het ons twee langs mekaar gesit wanneer ons mog speel met klei. Ek het gedink hy is sommer wonderlik. Hy kon die mooiste goeters maak met klei.
En, hy het ook gedink dat ek sommer wonderlik was. Nee, dis nie hoe ek dit onthou nie, maar wat my ma my vertel het, lang nadat ons êrens anders gaan woon het.


So rond my tiende verjaardag het my ma my die storie vertel...

Sien, my ma het iets vir my bewaar al die jare nadat ons daar weg is. Blykbaar was klein Riaan so dol op my dat hy in sy ma se juwele in geklim het en vir my 'n broche gevat het om te gee. My ma het vertel my hoe ek op 'n dag na skool, blink van trots, die ding vir haar gewys het. Ek het blykbaar vertel dat ek en hy verlief was en dat ons later sou gaan trou. Sy het toe uitgevind waar Riaan gewoon het en het op 'n dag kort daarna by sy ma 'n koppie tee gaan drink. En het vir ma Riaan vertel wat seunlief aan my gegee het. Die twee moeders het hartlik hieroor gelag en Riaan se ma het toe gesê "Bewaar die broche en gee dit aan jou dogter as sy ouer is. Dit kan ek mos nie terugvat nie!"

En dit is wat gebeur het.
Ek is nou 50 jaar oud en ek het na Sub B nooit weer vir Riaan gesien nie.
AS dit sy naam was, want ek onthou dit nie meer seker nie.
Al wat in my geheue gegrif is, is hoe ek kyk na sy slim hande soos hy die pragtigste goeters maak uit die klei - blou, rooi, groen, geel en alles gemeng tot daar strepe en patrone draai en swaai...

Ek het ook nie getrou met hom nie.

Die broche, die het ek nog.
Nou en dan speld ek dit vas op my klere en dan glimlag ek.
Vir die seuntjie wat so goed was met kleigoed maak.
Vir my eerste verliefdheid.
Ai tog.

Saturday, March 01, 2008

"Dit is so warm vandag....

'n eier sal sommer gaar word sonder om te kook"
Dit was die woorde van my liefling juffrou op skool, so rond standerd 1 as ek my goed onthou, so net voordat ons somervakansie begin het.

En, dit was die begin van my eerste groot eksperiment, en ook die groot uittog van eiers uit ons huis, daardie somer.
My arme ma moes gewonder het, of daar 'n gees in haar kombuis rondwaar.
Dit was ek.

Eers het ek 'n kommetjie in die sand uitgehol, en 'n eier in daardie kommetjie gebreek. En gewag. Die ganse middag in die warm somerson gewag. Daar het miere in geland en die arme goed het 'n aaklige dood gesterf. Maar, die eier het nie gaar geword nie.

Ag, dink ek toe, miskien moet ek 'n rots gebruik. 'n Vlak rots.
Dit was my volgende poging. In 'n holtetjie van 'n rots het 'n eier in die warm son gelê en langsaam verander in 'n taai vrotterige gelei. Ai tog, niks het gaar geword nie, ek het gestaar na die eiwit tot my oë gebrand het in my kop in die hoop dat ek 'n bietjie wit kon sien. Maar daar was niks. Nada.

Toe brainstorm ek baie hard. Wat nou.... hoekom wil die eier nie gaar word nie, dit is mos warm genoeg??!! Ek het daardie dae altyd kaalvoet geloop buite, en het goed genoeg verstaan dat die swart teer van die straat baie warmer was dan die wit sand. Spring, spring van wit vlek na wit vlek, het ek buite voortbeweeg in daardie warm somertyd.
Swart rots, dog ek toe. Dit is wat ek moet gebruik, 'n SWART rots.
My soektog na die perfekte rots het enkele dae gekos maar uiteindelik het ek eentjie gevind. Met 'n vriendjie het ek en nog 'n eier uit my ma se kombuis opgetrek so rond die middag uur wanneer die son reg bo ons genadeloos skyn. Ek was so seker dat daardie eier gekook sou word.

Nee. Dit het nie gewerk nie. My vriendjie het na 'n paar uur huistoe gegaan, ek het eensaam agtergebly met my aandag op die rots. Die swart rots. Die bliksemse swart rots, en die eier wat glinster en maar nie gaar wil word nie.

'n Paar dae later het ek nog één poging gewaag, en dit was sommer my laaste poging. Êrens het ek iemand hoor sê, dat die bonnet van 'n kar so warm was dat 'n mens brandwonde kon oploop. Ek het onmiddelik die implikasies hiervan ingesien, en het huistoe gehardloop vir 'n eier.

My pa se kar was voor die huis geparkeer (en nogal 'n swart kar ook, perfek!!!)

Oor die voorkant van my pa se splinternuwe trots, waarvan hy elke stoffie versigtig verwyder het met 'n spesiale doekie, het ek 'n vet eier gebreek. Die glibberige ding het 'n spoor getrek oor die lak, en 'n groot deel van die eier het op die grond geland. Die eier wat nog op die kar was, het ook nie gaar geword nie. Ek was baie teleurgesteld. En later die dag, toe my pa die toevoeging op sy kar gevind het, was ek baie ontstem dat hy eers vir my vurig en vrek lang gepreek het oordat ek aan sy kar gekom het, en vervolgens my vir die res van daardie baie lang, warm week huisarres gegee het. Bliksem!!!!

Ek dink, daardie juffrou het gejok.
Ek het nooit buite 'n eier kon kook sonder vuur nie, maak nie saak hoe warm dit was nie - en glo my, ek het oor die jare nog 'n paar keer geprobeer!

En tog, soms, as dit baie baie warm is buite, is daar 'n stemmetjie binne my wat wonder, "is dit miskien warm genoeg om 'n eier gaar te kook...?"

Saturday, February 16, 2008

Strand, and the Southern Right whales

Sitting on a rock overlooking the bay for hours, sun hot on my shoulders, watching the Southern Right Whales coming right in close to the side. Now and then, leaping out of the water and smashing down, to try and dislodge their hitchhikers. Sitting really still, feeling bubbles of exhilaration shivering through me and wanting to come out as laughter.

I did not have a camera back then, but I remember it as clearly as if it happened yesterday.

During that short time I was a student at Stellenbosch University, a bunch of friends and I would drive from Stellenbosch past Somerset West to the Strand. The beach bunnies would peel off to cover themselves with oil and bake, the macho guys would thunder off into the waves with their boards, and I would continue along Marine Drive till it made a sharp turn to the right. I then had a choice, to drive on a bit and go watch the seals, or to park the car and walk a bit along the road and then sit down on some rock. Sit, wait and hope. That's what I usually did, on the rare days that I would go to the Strand (I'm not much of a beach slug).

I wonder if that spot is still there.
Maybe I should go and see, one day. Or maybe I should just keep that memory as it is.
Perfect.

(Oh of course I google-mapped the place. It looks all built up now...)
(One really should let memories lie and not go back)